Wednesday, October 9, 2013

Reën in Buenos Aires

Hier is ons dan!  4 flieks later, in die hartjie van 'n renerige Buenos Aires!  En dat ons op hierdie, die langste van alle vlugte, 14 ure in gemaklike Business Class seats kon sit, is nog steeds bietjie ongelooflik! Heeltyd gesit en dink hulle gaan ons nog weer kom vertel hulle het 'n fout gemaak en dat ons agterin moet gaan sit!

Gaan nou eers die bed hier in Hostal Portal del Sut beproef, die opstaan van half 6 was al 24 uur gelede!  Die enigste wat ons nog van Argentinië kon proe, was  'n moerske swart Stella bier netnou hier in die Rooftop bar. Sal moet dink hoe ons met die biere gaan maak, kan sekerlik nie vir die volgende 3 weke elke aand 'n half liter bier afsluk nie!

En bietjie besides the point, maar op die topic van die 4 flieks ........  Daar is no way dat Leonardo de C. ooit vir Robert Redford kan ewenaar as J Gatsby!  Robbert  R. was die enigste J Gatsby ooit!

No comments:

Post a Comment