Vanoggend veilig arriveer in Viedma, hoofstad(? dorpie) van provinsie Rio Negro in Pategonië.
Eintlik maar 'n dorpie van niks, maar wel van waar die trein vanaand vertrek na Barilochi. Kon ons goed vermaak vandag - die lengte van die joggingpaadjie langs die Rio Negro bewandel in lieflike sonskyn weer. Vanmiddag nog die rivier oorgesteek en ook Carmen de Patagones aan die ander kant bewandel en die museum besoek waar ons 'n uitgebreide beskrywing van alles in spaans moes aanhoor en maar af en toe met 'n 'sí' reageer het.
Nou nog 'n biertjie en dan stasie toe om ons trein om18:00 te haal.
Hoop net die slapery gaan beter as ons eerste 2 nagte waarvan die eerste in die Hostal waar die buur (as in deel 'n muur!) Night Club om 3:00 eers gestop het en die res van die Hostal se gaste nog oor en weer geskree-kuier het tot 5 uur! En dan laas nag op die super gemaklike bus waar die los-vet vrou met die blink blou naels uit haar diepste wese lê en snork het met sulke na-trillings wat my tot in my tone bygeko het! Afgewissel deur haar mobiel op die stand van 'lui al harder tot jy opgetel word' wat
sy iewers tussen haar borste ingestop het en met moeite tot haar deurgedring het!

No comments:
Post a Comment