Sunday, October 13, 2013

Prentjiemooi Bariloche

Na 'n 18 uur lange bietjie hobbelrige treinrit, het onw gister aangekom in die pragtige Bariloche. Bietjie van 'n Swiserse gevoel tussen die sneeubedekte bergtoppe en langs 'n groot meer.

Moet nou eers die bed uit vir vandag se bergfietstog...

Die fietstog was uitputtend, maar elke km die moeite werd.  Die uisig was wonderlik en dit het gevoel of die mooi net nie wil ophou nie.  Die foto's is op Facebook, sukkel te veel met blogger.

Vandag (maandag) is 'n publieke vakansiedag hier, maar ons kon gelukkig 'n oop reis buro vind waar ons buskaartjies kon koop vir môre se 18 uur busrit na Mendoza.

Vanmiddag het ons met 'n local bus na Largo  Gutiérrez gegaan - die bedoeling was om te gaan kayak op die meer, maar alles was bietjie toe!  Ons het toe maar 'n wandeltoggie gemaak gemaak na die waterval, Cascada de los duendes, en daarna nog 'n stywe klim na Mirrador Largo de Gutiérrez met 'n lieflike uisig oor die meer en ski-hellings waarvan daar by sommige nog sneeu lê en die ski-lifts nog aan die gang is.


Vannaand se besoek aan Alto de Fuego was alles wat TripAdvisor en ander aanbevelinge gesê het dit is! Die ribeye was uit die boeke en so ook Maarten se forel, die wyn en alles anders! Tot die labels op die wynbottels was mooi!  Die Argentyne weet inderdaad wat om met 'n stukkie vleis te doen!



Môre vroeg uit die vere, want checkout is om 10. Dan nog 'n ekskursietjie of iets inpas voor die half
4 bus na Mendoza vertrek.














No comments:

Post a Comment