Na 18 ure op die luukse Andesmar bus het ons gisteroggend aangekom in Mendoza! 'n Busrit deur die Andes met mooie landskappe van mere en rotsformasies net buite Bariloche. En 'n busrit waar ons selfs deelgeneem het aan Bus Bingo!! Ja hoor! Bingo, maar dan op 'n bus! Ek was heel positief, maar ene Anna het toe tog net voor my haar kaartjie vol gehad! Met DVD''s, snack packs, aandete en gemaklike terugklap sitplekke, was die trip tog weer gou verby sonder dat jy die gevoel het dat jy 18 ure op 'n bus gesit het! Ons trippie vir Saterdag van hier na Mendoza, is ook reeds geboek by Andesmar.
Cordoba is weer egte stad na die dorpsgevoel van Bariloche. Na reën en bliksem tydens die rit, is die hier lekker warm sonskynweer, amper 30 grade. Die private appartment van die Alamo youth hostal was klein bietjie van 'n teleurstelling - is 5 straatblokke weg van die hostal waar die inclusive breakfast bedien word! Maar lekker sentraal en reg langs die groot park in die middel van die stad. Die WiFi is net 'n drama. - vandaar dat ek nou hier knus tussen die mikrogolf en die wasbak op die kombuiskas sit en tik! Al plek waar my ipad die sein kan kry!
Ons aktiwiteite vir die 3 dae hier is ook gereël. Vanmiddag vanaf 4 uur 'n sunset perdry ekskursie, môre 'n trip die berge in en ( die dag daarna, wat ek niu nie weet watter dag dit is nie) 'n fietstog tussen die wingerde met hier en daar 'n toertjie van 'n kelder of olyfplaas. 'n Lekkerte voor ons die aan 10 uur die bus moet klim.
Aghangende van die tyd en die WiFi sein, vertel ek later nog meer en sal dalk weer fotos laai op Fb.
Die perdry was heerlik en lekker stowwerig, ten spyte daarvan dat die perde meeste van die tyd nie by veel meer as 'n stywe stappie gekom het nie. My perd, Maria (volgens my het Alejandro alle swart perde Maria genoem) het nie veel van 'n saak gehad met wat ek wou hê sy moes doen nie en het gestop om oral langs die pad nog 'n happie te vat en was ook nie lus vir meer as so 3 galloppies op 'n keer nie. Die BBQ was lekker en gesellig saam met 'n paar Amerikaners en nog 'n kaaskop met 'n Luxemburgse girlfriend. En dan was daar die gids, Alegggggandro! 'n Stukkie lekker vleis wat dan af en toe die agterste ryers gaan besoek het en soos 'n regte Zorro weer na vore gejaag het met die teuels in die regterhand en die linkerhand in die lug! Groot genot!
Die bergetrip was bietjie van 'n tipiese groep ekskursie met 'n bussie en versameling van Spanjaarde, Brasiliane en dan ons 2 vir wie die gids voorin laat sit het en elke dan en wan sy storie in engels vir ons 2 herhaal het. Lunch was by 'n local tipe restaurant naby die Chilleense grens met lekker local kosse. Die scenery onder weg was pragtig - berge met verskillende kleure en sneeu op die toppe en ons kon ook die hoogste berg in die Amerikas gade slaan, of dan die ys en sneeubedekte piek van Cerro Aconcagua.
Dan was daar nog die fietsry trip tussen die wingerplase van Maipu. Nog 'n uitputtende heerlikheid in die versengende hitte! Eers besoek gebring aan 'n olyfplaas met les oor maak van olyfolie en 'n lekker proewery. Daarna besoeke en wyntoere by La Rural en Di Tommase. La Rural het 'n ongelooflike museum met onder andere beesvelle en sakke van beesvel waarin wyn vroeëer verouderd was. Met 'n bottel Malbec onder die blad is ons toe daar weg vir 'n vinnige stort by Hostal Alamo voor ons die bus na Cordoba moes haal.
Die foto bewyse is op Faceboek as gevolg van die problematiese blogger\ipad kombinasie.

No comments:
Post a Comment