Argentinië 2013: Bruisende Buenos Aires!
Dinsdagaand gearriveer vanaf Iguazu, ingecheck by Mansion Dandi Royal, bietjie rondgeloop, by parkie in omgewing bier gedrink, vreeslik gepla deur duiwe, tango gekyk, terug na hotel en sommer gaan slaap sonder ete om te herstel van die drukke dag.
Woensdag geloop na La Boca, lewendig en kleurvol. Baie foto's geneem en oral by restaurante paartjies sien tango. Bietjie geshop - geblomde leer beursies. Ook na stadion van La Boca Juniors. Later gaan eet by restaurantje met nice tango couple.
Namiddag taxi geneem na waterfront (Puerta Polermo), seilskip musuem gaan kyk, rondgeloop, foto's geneem, koffie en bietjie internet by Starbucks. Die stad ingeloop en by grand shopping centre gaan kyk, skoonmaakgoed vir Maarten se lense gekoop. Rondgedwaal in cambio! Cambio! Cambio! Shopping straatjies. Nog weer na Playa de Mayo geloop en foto' s geneem van verligte Pink House. Oppad terug na hotel by Casa de Cataluyna garnale geëet. Buik doet gek!
Donderdag fotos en toertjie by Theatro Colón. Reën en lunch by teater restaurant. Dwaal weer rond in shopping straat, gaan bedank treinman waar ons iets meer as 3 weke gelede treinkaartjies (Viedma na Bariloche) gekoop het ( hy onthou ons nou nie eintlik nie!). Besluit om die aand 'n tango show te gaan kyk, soek coffee shop met WiFi en boek tango show La Ventana ( via tangotix kon ons nie meer boek vir dieselfde aand). Van daar na Palacio Barololo? (Gebou geinspireer deur Dante gedig) om toer van 4 uur te doen - nie so vreeslik indrukwekkend, maar kry wel mooi uitsig oor BA bo van uit die lighthouse. Loop teen 'n spoed terug na hotel om betyds te wees vir tango show pickup. Half 8 opgetel in bussie met aantal andere, sit aan tafel by Chileense couple. show okay, veel sing tussenin en ook inheemse musiek vertoning deur manne in ponchos - met groot trom, panfluit, klein en groot guitare en slides in agtergrond van veel plekke waar ons was (Salta omgewing). Ete redelik, maar niks besonders, wyn ook nie om oor huistoe te skryf nie. Duur tot middernag en teen half een weer tuis gedrop.
Vrydag, huistoegaandag. Reën die hele dag onophoudelik! Pak na ontbyt. Doen 1 museums redelik in die buurt, eers El Zanjón met tonnels onder die huis ens, interessante gids wat goed engels praat, pragtige restourasie werk met veel kale bakstene. Daarna na moderne kuns museun paar blokke verder, gelukkig goedkoop, want nie juis besonders. Lunch in die buurt en daarna met taxi na Recoleta Cemetario. Heel innteressant - klein dorpie met straatjie op straatjie vol miniatuur kerkies! Ook Evita se graf gesien. Wou baie foto's neem, maar was lastig so in die gietende reën.
Vandaar met taxi na kunsmuseum by waterfront - private versameling - Coleccion de arte Amalia Lacroze De Fortabat - nie te groot en kan geniet. Toe al redelik nat! Loop terug na hotel, bietjie intenet en klere wissel, pickup taxi halfuur te vroeg. Skuins oor 8 op lughawe.

No comments:
Post a Comment