Wednesday, October 30, 2013

Argentinië 2013: Incredible Iguazú!

Argentinië 2013: Incredible Iguazú!



Die keer met Air Lineas, reis ons verder na die verre noordooste, na Puerto Iguazu om een van die wêreld se natuurwonders te gaan kyk.  Die asemrowende Iguazu watervalle in die Rio Iguazu, die grens tussen Brasilië en Argentinië.

Maandagoggend is ons vroeg op en sommer eerste na die Toerisme kantoor om info oor die busse en
ander moontlikhede te kry.  Daarna na die busterminus en met die bus na die Argentynse kant van die valle.  'n 45 busrit.

Die watervalle is inderdaad ongelooflik! Byna onmoontlik om op 'n foto te sit  -  die grootsheid daarvan, atmosfeer en geluide mis jy dan tog.  Die hele waterval is in 'n soort van hoefyster vorm met meerdere aparte valle wat onder weer saamvloei in die rivier. Ons het ook die rubber speedboat trip gedoen tot onder die vallende water en deurdrenk weer van die boot afgeklim!





Alles is goed georganiseer en oral is wandelpaadjies om byna alle dele van die valle te kan bekyk.
Daar was nogal redelik baie mense, maar omdat dit so groot is, het jy nie gedurigdeur in ander mense
vasgeloop of op jou fotos gekry nie.  Die bedoeling was om aan die einde van die dag nog die Brasilië kant ook te gaan kyk, maar die maak om 5 uur toe en was daar nie genoeg tyd nie.  Toe meer besluit om Dinsdag 'n later vlug na Buenos Aries te neemna die Brasilië trip.

Die beplannings was wle haarfyn en ons is eintlik nog steeds verbaas dat alles toe wel goed uitgewerk het!

Vroeg al gepak, uitgechek en na die busterminus om die eerst bus van die dag, 8:10, te neem.  Die rit duur so 50 minute, ingesluit die tyd by die Argentynse doeane en dan aan die anderkant van die brug, by die Brasiliaanse doeane.  Gelukkig tog dat Suid-Afrikaners vir byna geen van die Suid-Amerikaanse lande, visums nodig het nie!  Die bedoeling was dan om 2 uurtjies daar rond te loop -  daar is veel minder wandelpaadjies -  en weer die 11 uur bus terug te neem om net betyds te wees vir ons 11:40 airport pickup.  Daar aangekom, koop jy jou park toegangskaartjie en moet dan daar weer op 'n bus klim, so 'n stadige elektriese bus wat wag tot hy vol en dan 'n 20 minute rit maak tot by die
valle! Toe begin ek al dink ons beplanning gaan lelik in die wiele gery word!

Van Brasilië het jy 'n mooi uitsig oor die valle in sy geheel. Daar is ook maar een roete om te loop, van die een kant na die ander.  En almal wil natuurlik die roete loop! Veel voller dus en die japanese en 'n groot grope duitsers was af en toe wel bietjie in ons pad! En dan is daar nog die wat so met iPads loop en foto's neem en om elke hoek en draai 'n foto moet neem waar hy self op is en dan nog een met sy vrou op! Frustrerend! Die vrou gaan tog seker saam huistoe en kan daar ook na gekyk word?


Aan die einde, so byna half 11 toe ons dink ons is klaar om die bus terug na die park ingang te neem, kom ons toe agter dat ons op 'n punt staan waar jy net met die panoramiese lift boontoe kan en nie self kan klim nie! En by die lift moet jy jou beurt afwag tot daar vir jou plek is! Magteloos staan ons toe maar en wag en ek sien in my gedagte al hoe die 11 uur bus na Argentinië vertrek sonder ons! (die volgende is dan eers weer 1 uur!)

Eindelik be gkom, sien ons toe ook die elektrise bussie net wegry en moet toe noodgedwonge maar in die ry gaan sit en wag op die volgende wat prsies op 11:22 vertrek het! Reken maar uit, 20 minute later is dir 11:02 en moet ons nog hol vir die 11 uur bus! En ja, hier in Argentinië het ons al goed ervaring opgedoen met busse en weet ook hulle ry baie op tyd!

Dus, toe ons teen 11:05 by die busstop aankom, het ek weer alle hoop laat vaar dat ons planne nog gaan uitwerk en teen 10 oor wou ek al 'n taxi gaan nader! Maarten was steeds heel positief en ja hoor, 11:12 kom die 11 uur bus toe nog aangery!  Dis toe net ons en 'n lokale gesinnerjie van 3 wat in die bus klim en die bestuurder staan toe nog lekker en gesels met geen haas om die bus te start!  Ek het hom nog in my spaanse gevra en op die kaart gewys, om ons naby ons hotel af te laai, maar dit was nie moontlik nie!  So die airport pickup gaan ons dan seker mis!

Terug in Puerto Iguazu, naby ons hotel sien ons toe ook van uit die bus hoe die airport pickup bussie van voor af verbyry! En weer begin ek moed verloor! By die busterminus spring ons goe dadelik uit die bus en begin met 'n stywe pas die ongeveer 5 straatblokke na die hotel loop, net vir ingeval!  Die hotelbestuurder het die oggend gesê dat ons hotel die laaste pickup stop is en kans is groot dat die bussie tot maksimum 20 minute na die afgesproke tyd eers by ons hotel sal kom, as daar veel ander is wat opgelaai moet word. Ons strompel toe ongeveer 19 en 'n halfminuut na die pickup moment die hotel binne en seker 3 minute later kom die bussie aangery!

Met soveel dinge wat die dag net-net goed gaan, wil ons toe al vermoed dat daar die keer tog geen standby seats meer gaan oor wees nie!  Maar selfs dit het goed gegaan en teen 5 uur die middag sit ons toe veilig en ingechek in Buenos Aires!  Die laaste stop van 'n heerlike reis!



No comments:

Post a Comment