Argentinië 2013: Salta. Sandsteen spektakel!
Die keer met 'n Fletcha bus, was die reis weer voorspoedig en ons aankoms vroeg. En weer was dit geen probleem om nog sommer voor 8 die oggend in te check by Hostal Posada de Borgoña.
Soos eintlik die ritueel geword het, is ons sommer die oggend eerste na die Tourisimo office om info te kry van al die moontlike sights en ektiviteite. Salta lê in die verre noordweste van Argentinië en geen 200km van die Bolivië grens. Verbasend ook dat engels-praat in Salta eint lik nêrens regtig 'n
probleem is nie. Die res van die Woensdag ( gister ) het ons tussen pryse en info van verskillende
toerisme bedryfies vergelyk en uiteindelik besluit dat ons genoeg gehad het aan die vorige 2 ekskursies met busse en daar en dan 'n karretjie gaan huur het om self die wêreld te bekyk. En wat 'n slim besluit was dit nie! Die wêreld om Salta is net ongelooflik sandsteen berge met die mooiste kleure en vorme ontstaan deur wind en water erosie. En dan is dit ook nog die 2de grootste wynstreek van Argentinië. Dus meer as genoeg om te kyk en te doen en daarom ook dat ons 5 volle dae het wat ons hier kan spandeer.
Gister het ons eers nog die NAAM (Museo de Arqueología de Alta Montaña) museum besoek - interessant en eintlik skokkend oor hoe die Incas vroeëer kinders uit die gemeenskap aan doe gode ge-offer het deur hulle na 'n lange ritueel en bedwelmende drankie lewend te begrawe (moontlik, en dan eintlik hopelik) ook nog na 'n harde slag oor die skedel. Van die kinderlyke is in 1999 vanuit die berge gehaal en word hier ten toon gestel saam met allerhande beeltjies en juweliersware en tekstiel
voorwerpe wat saam met hulle begrawe is. Iets wat ons destyds tydens ons Peru trip ook die een en ander van gesien en gehoor het.
Dan wou ek ook nog graag die Pajcha - Museo de Arte Étnico Americano sien - met onder andere Mapuche silver jewelry. Duidelik dus waarom ek daarheen wou! En was toe ook weer 'n ervaringtjie. 'n Bordjie op die deur sê dat die plek oop is en lui ons toe maar die klokkie. En wat 'n verwelkoming! 'n Mannetjie met goeie engels nooi ons binne asof ons nooit weer daar weg sal gaan nie. Wou dadelik ons name en herkoms weet en so is ons die res van die tyd aangespreek as 'Maarten And Madame' ! ( ja hoor, van 'Henriette' kon hy niks maak nie, nie eens die gebruiklike 'Ingrid' soos die Amerikane so graag doen nie!). Breedvoerig het ons uitleg gekry oor alles en dat dit 'n versameling is van 'n antropoloog oor 'n aantal jare. Was wel baie nice en die moeite werd om te sien
(vir Madame dan!). Was weer net jammer dat ek geen foto kon neem nie! My kop begin nou bietjie
vol raak van alles wat ek die afgelope 2 weke al gesien het en wil onthou!
Na 'n drukke en soms snikhete dag gister, kom ons toe by ons Hostal met die behoefte aan 'n lekker stort en nagrus na die warm dag en vorige nag se busrit. Net om te hoor dat daar geen druppel water in die Hostal is! Die meisie die aanddiens by ontvangs gehad het, kan geen enkele woord engels verstaan en snap nog minder wat ek in my version van spaans probeer sê of vra nie. 'No agua' was bietjie die totaal van wat ek kon begryp en dan dag ek. Toe dat sy iets sê van dat daar oor ongeveer 2 ure weer water sou wees. Ons pak toe maat vir ons road trip van vandaag en gebruik ons botteltjies drinkwater vir die tande en steek ek toe maar my stowwerige heeldag se plakkie-voete net so onder die lakens in! Net om vanoggend kwart oor 7 weer die deur uit te strompel en te hoor dat 'no agua' nog steeds aan die orde van die dag is! Dreig toe dus om 'n roadtrip met huurkar en vuilvoete te
word! Dis toe ons seker so 'n kwartier later maar nog 'n bottelwater vir die ablusies wou gaan koop,
dat Maarten agterkom hy tog sy hande onder die kraan kon was! Verblydend was dit! Die vraag is natuurlik steeds waarom die mutsie die 2 meter vanaf ons kamerdeur by resepsie sit en weet dat ons agua aan die soek was, die die moment van watervloei dadelik met ons kom deel het nie!
Anyway, met skoon voete en voue en klere vir 2 dae het ons toe vanoggend die hostal deur agter ons toegesluit vir 3 dae oppad.
Quebrada de Cafayate. (omgeving suid van Salta)
Dag een van die self- guided-self-driven ekskursie het ons die omgevind suid van Salta besoek. Eers met die teerpad suid na Cafayate, deur die Quebrada de Cafayate en van daar weer met 'noordwestelike draai terug na Salta via die Valles Calchaquíes dorpies San Carlos, Angastaco, Molinos, Seclantás en Cachi. 'n Rit wat ek besluit het, tuis hoort op een en ieder se bucket list!
Eers was daar die Quebrada net noord van Cafayate, die laaste ongeveer 50km voor jy Cafayate binnery. 'n Rit tussendeur die mees ongelooflike sandsteen rotsformasies in alle kleure! Om elke draai lyk dit totaal anders en ons het male sonder tal gestop om foto's te neem! Ons het soms die gevoel gekry dat ons op die bodem van die Grand Canyon aan die ry was! Ander kere het dit my
herinner aan die Kango Grotte as jy die sou omdop en dit net 100de male groter was. Met moeite sal en nog ( in beter wifi omstandighede) 'n paar uitsoek en op Facebook laai). Hier in die
wonderwêreld het ons ook 2 franse fietsryers teëgekom wat besig is met 'n fietsrit om die wêreld, 4 maande gelede begin in Frankryk en deur wes europa en Marokko gery en is nou vanaf Buenos Aires oppad na Salta. Manne met 'n missie wat ek dink, op daai oomblik nog nie heeltemal besef het dat hulle hulle op een van die mooiste plekke op aarde bevind nie. Op www.ridetheflavour.com blog hulle oor hul ervaring.
Na die wonderlike sandsteen spektakel het ons 'n laat lunch in Cafayate geniet - 2 de wynstreek van Argentië waar ook pragtige wingerde te sien was en ons maar die wyntoere oorgeslaan het om genoeg tyd te hê vir die res van die ekskursie. Vanaf Cafayate na San Carlos was nog 'n geteerde pad, maar daar het die teer ook opgehou en is ons met die klein en splinternuwe huur-Chevroletjie verder op die grondpad, gelukkig darem 'n goed onderhoude pad. By Angastaco het ons maar verbygehou om voor donker in Molinos te kom en slaapplek te soek. 'n Klein dorpie met dorpsplein en 'n kerkie langsaan - tipiese Argentynse dorpie dus! Die verblyf was by Los Cardones de Molinos - huislike atmosfeer in 'n gastehuis\hostal bedryf deur moeder en haar vriendelike dogter, met die beloofde wifi totaal useless. Terwyl ons onderweg nie veel karre teëgekom het nie en dit duidelikwas dat dit nie hoogseisoen is vir toeriste nie, was die gastehuis tog byna vol en was dit ook goed besig in die
restaurant waar ons gaan eet het.
Die roete tussen San Carlos was weer 'n aantal stoppe werd! Steeds sandsteen berge in alle kleure, maar dan tog weer net anders as die vorige. Vanaf Molinos het dit stadigaan weer verander - ons was selfs bietjie dankbaar dat dit soms tog net iets minder baie mooi was sodat ons bietjie vordering kon maak! - maar dit was dan ook weer kaktus wêreld met anderse mooi prentjies en het ons tog nog af en toe gestop vir 'n foto. Die bedoeling was om op die 2de dag reeds 'n stukkie van die noordelike roete al te ry sodat ons alles kon inpas voor die huurkarretjie Saterdagaand terug moet wees.
Quebrada de Humahuaca. (Omgeving noord van Salta)
Op dag 2 van die self-guided-self-driven ekskursie het ons met aankoms in Salta sommer aangehou in 'n noordelike rigting om 'n deel van die rit na Humahuaca agter die rug te kry. Om teen 4 uur die middag deur die hartjie van Salta te ry, duur toe ook sommer byna 'n uur en daarna land ons op 'n smalle teerpaadjie wat vir kilometers deur die berge kronkel, oneindigend en onmoontlik om
enigsinds bietjie spoed op te tel. Met elke voertuig wat verbykom, moet jy byna ( en soms regtih) met die regterwiele van die teer af ry. Wat byna ongelooflik was, is die totale verskil in die natuur - van kaktussen, sandsteen en droogte in die suide, het alles verander na grasgroen en dig begroeide berge wat herinner aan die amazon jungle! Na meer as 2 ure se gekronkel was ons eindelik by JuJuy ( uitgespreek as iets soos HooHooy!), 'n groot dorp noord van Salta waar ons ook op 'n breë snelweg geland het terwyl dit intussen al aan die skemer word was. Half 9 het ons in die donker by ons eindbestemming vir die dag, Purmamarca, gekom - 'n klein dorpie met grondstraatjies waar ons bietjie moes soek, maar eindelik die dorpsplein en kerkie gevind het om die Hostal te kon kry wat volgens die Lonely Planet net agter die Kerk is. Tot op die moment van skrywe het ons nog niks meer van die dorp gesien nie. Nog net geëet by 'n restaurantjie verder op in die straat en nog 'n kerkfoto geneem om toe te voeg tot die groot versameling van kerkfoto's op die trip.
Die dorpies hier noord van Jujuy is glo iets meer ongerep en daar is glo veel lokale kuns en handwerk te sien en is glo ook die ideale plek om lokale kosse uit te probeer. So het ek netnou eventjies die 'llama loins in malbec sous' oorweeg, maar was net te moeg om iets 'moeilik' te eet en het maar sommer forel bestel by gebrek aan 'n klein steakie of iets anders wat rooi en gebraai sou wees, op die menu.
Sondag
En na 'n karige ondbytjie gister, kon ons die prentjie-mooi Purmamarca bewonder. Die dorp lê in 'n kloof aan die voet van die Cerro de siete colores (valei van die 7 kleure) en die naam pas behoorlik! As jy in die straatjie voor die kerk op kyk, sien jy 'n heuwel met kleur op kleur op kleur! En daar
agter en daar langsaan nog ander berge of heuwels met ander kleure! 'Prentjiemooi' begin maar net om dit te beskryf!
Met kliekende kameras het ons deur die dorpie gedwaal en gesoek na die beginpunt van die 3km paadjie die om die heuwel loop. Gelukkig was dit nog redelik stil en het ons min ander stappers teëgekom. Vir die hele 3 km is daar in alle rigtings om jou, net die pragtigste tonele en kleure. Dit was eers heel aan die einde toe ons ons 'worst nightmare' gewaar - 'n groot groep kekkelende en krioelende skoolkinders! Die rus was dus eventjies daarmee heen.
Intussen het die markies in die dorpie ook weer lewe gekry en het ons nog al shoppend en kykend en voelend verder gedwaal. Met 'n heldere bont handgebreide poncho in helder kleure is ek daar weg - moet nog sien hoe ek die groot wolbondel by die huis gaan kry tensy ek hom aantrek in die versengende hitte! Na 'n koppie koffie en van die tipies Argentynse piepklein croissantjes, is ons toe weer verder.
Tussen nog mooie en kleurvolle berge en heuwels deur het ons gery tot in Humahuaca - 'n ongerepte klein dorpie met grondstraatjies en hier en daar nog klei huisies. Na 'n lunch van llama in 'n heerlike lemmetjie en room sous (vir my) en ensaladas en tomales ( Maarten) het ons die terugtog aangepak met nog 'n stop in Tilcara, net noord van Purmamanca.
Die keer het ons in Jujuy die snelweg bly volg - baie minder interessant as die mooie bergpaadie, maar veel minder tydrowend en was ons betyds terug in Salta om die gehuurde kar in te lewer.
Vandag het ons nog bietjie tyd om in Salta rond te loop voor vanaand se vlug na die Iguazú
watervalle in die noordooste.

No comments:
Post a Comment