Saturday, November 9, 2013

Argentinië 2013: Bruisende Buenos Aires!

Argentinië 2013: Bruisende Buenos Aires!



Dinsdagaand gearriveer vanaf Iguazu, ingecheck by Mansion Dandi Royal, bietjie rondgeloop, by parkie in omgewing bier gedrink, vreeslik gepla deur duiwe, tango gekyk, terug na hotel en sommer gaan slaap sonder ete om te herstel van die drukke dag.



Woensdag geloop na La Boca, lewendig en kleurvol. Baie foto's geneem en oral by restaurante paartjies sien tango.  Bietjie geshop - geblomde leer beursies.  Ook na stadion van La Boca Juniors. Later gaan eet by restaurantje met nice tango couple.

Namiddag taxi geneem na waterfront (Puerta Polermo), seilskip musuem gaan kyk, rondgeloop, foto's geneem, koffie en bietjie internet by Starbucks.  Die stad ingeloop en by grand shopping centre gaan kyk, skoonmaakgoed vir Maarten se lense gekoop. Rondgedwaal in cambio! Cambio! Cambio! Shopping straatjies.  Nog weer na Playa de Mayo geloop en foto' s geneem van verligte Pink House. Oppad terug na hotel by Casa de Cataluyna garnale geëet.  Buik doet gek!



Donderdag fotos en toertjie by Theatro Colón. Reën en lunch by teater restaurant.  Dwaal weer rond in shopping straat, gaan bedank treinman waar ons iets meer as 3 weke gelede treinkaartjies (Viedma na Bariloche) gekoop het ( hy onthou ons nou nie eintlik nie!). Besluit om die aand 'n tango show te gaan kyk, soek coffee shop met WiFi en boek tango show La Ventana ( via tangotix kon ons nie meer boek vir dieselfde aand). Van daar na Palacio Barololo? (Gebou geinspireer deur Dante gedig) om toer van 4 uur te doen -  nie so vreeslik indrukwekkend, maar kry wel mooi uitsig oor BA bo van uit die lighthouse.  Loop teen 'n spoed terug na hotel om betyds te wees vir tango show pickup.  Half 8 opgetel in bussie met aantal andere, sit aan tafel by Chileense couple. show okay, veel sing tussenin en ook inheemse musiek vertoning deur manne in ponchos -  met groot trom, panfluit, klein en groot guitare en slides in agtergrond van veel plekke waar ons was (Salta omgewing).  Ete redelik, maar niks besonders, wyn ook nie om oor huistoe te skryf nie.  Duur tot middernag en teen half een weer tuis gedrop.




Vrydag, huistoegaandag. Reën die hele dag onophoudelik! Pak na ontbyt.  Doen 1 museums redelik in die buurt, eers El Zanjón met tonnels onder die huis ens, interessante gids wat goed engels praat, pragtige restourasie werk met veel kale bakstene.  Daarna na moderne kuns museun paar blokke verder, gelukkig goedkoop, want nie juis besonders.   Lunch in die buurt en daarna met taxi na Recoleta Cemetario. Heel innteressant -  klein dorpie met straatjie op straatjie vol miniatuur kerkies!  Ook Evita se graf gesien. Wou baie foto's neem, maar was lastig so in die gietende reën.



Vandaar met taxi na kunsmuseum by waterfront - private versameling - Coleccion de arte Amalia Lacroze De Fortabat - nie te groot en kan geniet.  Toe al redelik nat! Loop terug na hotel, bietjie intenet en klere wissel, pickup taxi halfuur te vroeg. Skuins oor 8 op lughawe.

Wednesday, October 30, 2013

Argentinië 2013: Incredible Iguazú!

Argentinië 2013: Incredible Iguazú!



Die keer met Air Lineas, reis ons verder na die verre noordooste, na Puerto Iguazu om een van die wêreld se natuurwonders te gaan kyk.  Die asemrowende Iguazu watervalle in die Rio Iguazu, die grens tussen Brasilië en Argentinië.

Maandagoggend is ons vroeg op en sommer eerste na die Toerisme kantoor om info oor die busse en
ander moontlikhede te kry.  Daarna na die busterminus en met die bus na die Argentynse kant van die valle.  'n 45 busrit.

Die watervalle is inderdaad ongelooflik! Byna onmoontlik om op 'n foto te sit  -  die grootsheid daarvan, atmosfeer en geluide mis jy dan tog.  Die hele waterval is in 'n soort van hoefyster vorm met meerdere aparte valle wat onder weer saamvloei in die rivier. Ons het ook die rubber speedboat trip gedoen tot onder die vallende water en deurdrenk weer van die boot afgeklim!





Alles is goed georganiseer en oral is wandelpaadjies om byna alle dele van die valle te kan bekyk.
Daar was nogal redelik baie mense, maar omdat dit so groot is, het jy nie gedurigdeur in ander mense
vasgeloop of op jou fotos gekry nie.  Die bedoeling was om aan die einde van die dag nog die Brasilië kant ook te gaan kyk, maar die maak om 5 uur toe en was daar nie genoeg tyd nie.  Toe meer besluit om Dinsdag 'n later vlug na Buenos Aries te neemna die Brasilië trip.

Die beplannings was wle haarfyn en ons is eintlik nog steeds verbaas dat alles toe wel goed uitgewerk het!

Vroeg al gepak, uitgechek en na die busterminus om die eerst bus van die dag, 8:10, te neem.  Die rit duur so 50 minute, ingesluit die tyd by die Argentynse doeane en dan aan die anderkant van die brug, by die Brasiliaanse doeane.  Gelukkig tog dat Suid-Afrikaners vir byna geen van die Suid-Amerikaanse lande, visums nodig het nie!  Die bedoeling was dan om 2 uurtjies daar rond te loop -  daar is veel minder wandelpaadjies -  en weer die 11 uur bus terug te neem om net betyds te wees vir ons 11:40 airport pickup.  Daar aangekom, koop jy jou park toegangskaartjie en moet dan daar weer op 'n bus klim, so 'n stadige elektriese bus wat wag tot hy vol en dan 'n 20 minute rit maak tot by die
valle! Toe begin ek al dink ons beplanning gaan lelik in die wiele gery word!

Van Brasilië het jy 'n mooi uitsig oor die valle in sy geheel. Daar is ook maar een roete om te loop, van die een kant na die ander.  En almal wil natuurlik die roete loop! Veel voller dus en die japanese en 'n groot grope duitsers was af en toe wel bietjie in ons pad! En dan is daar nog die wat so met iPads loop en foto's neem en om elke hoek en draai 'n foto moet neem waar hy self op is en dan nog een met sy vrou op! Frustrerend! Die vrou gaan tog seker saam huistoe en kan daar ook na gekyk word?


Aan die einde, so byna half 11 toe ons dink ons is klaar om die bus terug na die park ingang te neem, kom ons toe agter dat ons op 'n punt staan waar jy net met die panoramiese lift boontoe kan en nie self kan klim nie! En by die lift moet jy jou beurt afwag tot daar vir jou plek is! Magteloos staan ons toe maar en wag en ek sien in my gedagte al hoe die 11 uur bus na Argentinië vertrek sonder ons! (die volgende is dan eers weer 1 uur!)

Eindelik be gkom, sien ons toe ook die elektrise bussie net wegry en moet toe noodgedwonge maar in die ry gaan sit en wag op die volgende wat prsies op 11:22 vertrek het! Reken maar uit, 20 minute later is dir 11:02 en moet ons nog hol vir die 11 uur bus! En ja, hier in Argentinië het ons al goed ervaring opgedoen met busse en weet ook hulle ry baie op tyd!

Dus, toe ons teen 11:05 by die busstop aankom, het ek weer alle hoop laat vaar dat ons planne nog gaan uitwerk en teen 10 oor wou ek al 'n taxi gaan nader! Maarten was steeds heel positief en ja hoor, 11:12 kom die 11 uur bus toe nog aangery!  Dis toe net ons en 'n lokale gesinnerjie van 3 wat in die bus klim en die bestuurder staan toe nog lekker en gesels met geen haas om die bus te start!  Ek het hom nog in my spaanse gevra en op die kaart gewys, om ons naby ons hotel af te laai, maar dit was nie moontlik nie!  So die airport pickup gaan ons dan seker mis!

Terug in Puerto Iguazu, naby ons hotel sien ons toe ook van uit die bus hoe die airport pickup bussie van voor af verbyry! En weer begin ek moed verloor! By die busterminus spring ons goe dadelik uit die bus en begin met 'n stywe pas die ongeveer 5 straatblokke na die hotel loop, net vir ingeval!  Die hotelbestuurder het die oggend gesê dat ons hotel die laaste pickup stop is en kans is groot dat die bussie tot maksimum 20 minute na die afgesproke tyd eers by ons hotel sal kom, as daar veel ander is wat opgelaai moet word. Ons strompel toe ongeveer 19 en 'n halfminuut na die pickup moment die hotel binne en seker 3 minute later kom die bussie aangery!

Met soveel dinge wat die dag net-net goed gaan, wil ons toe al vermoed dat daar die keer tog geen standby seats meer gaan oor wees nie!  Maar selfs dit het goed gegaan en teen 5 uur die middag sit ons toe veilig en ingechek in Buenos Aires!  Die laaste stop van 'n heerlike reis!



Sunday, October 27, 2013

Argentinië 2013: Salta. Sandsteen spektakel!

Argentinië 2013:  Salta. Sandsteen spektakel!


Die keer met 'n Fletcha bus, was die reis weer voorspoedig en ons aankoms vroeg. En weer was dit geen probleem om nog sommer voor 8 die oggend in te check by Hostal Posada de Borgoña.

Soos eintlik die ritueel geword het, is ons sommer die oggend eerste na die Tourisimo office om info te kry van al die moontlike sights en ektiviteite.  Salta lê in die verre noordweste van Argentinië en geen 200km van die Bolivië grens. Verbasend ook dat engels-praat in Salta eint lik nêrens regtig 'n
probleem is nie.  Die res van die Woensdag ( gister ) het ons tussen pryse en info van verskillende
toerisme bedryfies vergelyk en uiteindelik besluit dat ons genoeg gehad het aan die vorige 2 ekskursies met busse en daar en dan 'n karretjie gaan huur het om self die wêreld te bekyk. En wat 'n slim besluit was dit nie! Die wêreld om Salta is net ongelooflik sandsteen berge met die mooiste kleure en vorme ontstaan deur wind en water erosie.  En dan is dit ook nog die 2de grootste wynstreek van Argentinië.  Dus meer as genoeg om te kyk en te doen en daarom ook dat ons 5 volle dae het wat ons hier kan spandeer.

Gister het ons eers nog die NAAM (Museo de Arqueología de Alta Montaña) museum besoek -  interessant en eintlik skokkend oor hoe die Incas vroeëer kinders uit die gemeenskap aan doe gode ge-offer het deur hulle na 'n lange ritueel en bedwelmende drankie lewend te begrawe (moontlik, en dan eintlik hopelik) ook nog na 'n harde slag oor die skedel.  Van die kinderlyke is in 1999 vanuit die berge gehaal en word hier ten toon gestel saam met allerhande beeltjies en juweliersware en tekstiel
voorwerpe wat saam met hulle begrawe is.  Iets wat ons destyds tydens ons Peru trip ook die een en ander van gesien en gehoor het.

Dan wou ek ook nog graag die Pajcha - Museo de Arte Étnico Americano sien -   met onder andere Mapuche silver jewelry.   Duidelik dus waarom ek daarheen wou! En was toe ook weer 'n ervaringtjie.  'n Bordjie op die deur sê dat die plek oop is en lui ons toe maar die klokkie. En wat 'n verwelkoming! 'n Mannetjie met goeie engels nooi ons binne asof ons nooit weer daar weg sal gaan nie. Wou dadelik ons name en herkoms weet en so is ons die res van die tyd aangespreek as 'Maarten And Madame' !  ( ja hoor,  van 'Henriette' kon hy niks maak nie, nie eens die gebruiklike 'Ingrid' soos die Amerikane so graag doen nie!).    Breedvoerig het ons uitleg gekry oor alles en dat dit 'n versameling is van 'n antropoloog oor 'n aantal jare. Was wel baie nice en die moeite werd om te sien
(vir Madame dan!). Was weer net jammer dat ek geen foto kon neem nie! My kop begin nou bietjie
vol raak van alles wat ek die afgelope 2 weke al gesien het en wil onthou!

Na 'n drukke en soms snikhete dag gister, kom ons toe by ons Hostal met die behoefte aan 'n lekker stort en nagrus na die warm dag en vorige nag se busrit. Net om te hoor dat daar geen druppel water in die Hostal is!  Die meisie die aanddiens by ontvangs gehad het, kan geen enkele woord engels verstaan en snap nog minder wat ek in my version van spaans probeer sê of vra nie. 'No agua' was bietjie die totaal van wat ek kon begryp en dan dag ek. Toe dat sy iets sê van dat daar oor ongeveer 2 ure weer water sou wees.  Ons pak toe maat vir ons road trip van vandaag en gebruik ons botteltjies drinkwater vir die tande en steek ek toe maar my stowwerige heeldag se plakkie-voete net so onder die lakens in! Net om vanoggend kwart oor 7 weer die deur uit te strompel en te hoor dat 'no agua' nog steeds aan die orde van die dag is!  Dreig toe dus om 'n roadtrip met huurkar en vuilvoete te
word!  Dis toe ons seker so 'n kwartier later maar nog 'n bottelwater vir die ablusies wou gaan koop,
dat Maarten agterkom hy tog sy hande onder die kraan kon was! Verblydend was dit! Die vraag is natuurlik steeds waarom die mutsie die 2 meter vanaf ons kamerdeur by resepsie sit en weet dat ons agua aan die soek was, die die moment van watervloei dadelik met ons kom deel het nie!

Anyway, met skoon voete en voue en klere vir 2 dae het ons toe vanoggend die hostal deur agter ons toegesluit vir 3 dae oppad.

Quebrada de Cafayate. (omgeving suid van Salta)






Dag een van die self- guided-self-driven ekskursie het ons die omgevind suid van Salta besoek.  Eers met die teerpad suid na Cafayate, deur die Quebrada de Cafayate en van daar weer met 'noordwestelike draai terug na Salta via die Valles Calchaquíes dorpies San Carlos, Angastaco, Molinos, Seclantás en Cachi.  'n Rit wat ek besluit het, tuis hoort op een en ieder se bucket list!

Eers was daar die Quebrada net noord van Cafayate, die laaste ongeveer 50km voor jy Cafayate binnery. 'n Rit tussendeur die mees ongelooflike sandsteen rotsformasies in alle kleure!  Om elke draai lyk dit totaal anders en ons het male sonder tal gestop om foto's te neem! Ons het soms die gevoel gekry dat ons op die bodem van die Grand Canyon aan die ry was! Ander kere het dit my
herinner aan die Kango Grotte as jy die sou omdop en dit net 100de male groter was.  Met moeite sal en nog ( in beter wifi omstandighede)  'n paar uitsoek en op Facebook laai).  Hier in die
wonderwêreld het ons ook 2 franse fietsryers teëgekom wat besig is met 'n fietsrit om die wêreld, 4 maande gelede begin in Frankryk en deur wes europa en Marokko gery en is nou vanaf Buenos Aires oppad na Salta. Manne met 'n missie wat ek dink, op daai oomblik nog nie heeltemal besef het dat hulle hulle op een van die mooiste plekke op aarde bevind nie.  Op www.ridetheflavour.com blog hulle oor hul ervaring.

Na die wonderlike sandsteen spektakel het ons 'n laat lunch in Cafayate geniet -  2 de wynstreek van Argentië waar ook pragtige wingerde te sien was en ons maar die wyntoere oorgeslaan het om genoeg tyd te hê vir die res van die ekskursie.  Vanaf Cafayate na San Carlos was nog 'n geteerde pad, maar daar het die teer ook opgehou en is ons met die klein en splinternuwe huur-Chevroletjie verder op die grondpad, gelukkig darem 'n goed onderhoude pad.  By Angastaco het ons maar verbygehou om voor donker in Molinos te kom en slaapplek te soek. 'n Klein dorpie met dorpsplein en 'n kerkie langsaan -  tipiese Argentynse dorpie dus!  Die verblyf was by Los Cardones de Molinos -  huislike atmosfeer in 'n gastehuis\hostal bedryf deur moeder en haar vriendelike dogter, met die beloofde wifi totaal useless.  Terwyl ons onderweg nie veel karre teëgekom het nie en dit duidelikwas dat dit nie hoogseisoen is vir toeriste nie, was die gastehuis tog byna vol en was dit ook goed besig in die
restaurant waar ons gaan eet het.

Die roete tussen San Carlos was weer 'n aantal stoppe werd! Steeds sandsteen berge in alle kleure, maar dan tog weer net anders as die vorige.  Vanaf Molinos het dit stadigaan weer verander - ons was selfs bietjie dankbaar dat dit soms tog net iets minder baie mooi was sodat ons bietjie vordering kon maak! - maar dit was dan ook weer kaktus wêreld met anderse mooi prentjies en het ons tog nog af en toe gestop vir 'n foto.  Die bedoeling was om op die 2de dag reeds 'n stukkie van die noordelike roete al te ry sodat ons alles kon inpas voor die huurkarretjie Saterdagaand terug moet wees.



Quebrada de Humahuaca. (Omgeving noord van Salta)



Op dag 2 van die self-guided-self-driven ekskursie het ons met aankoms in Salta sommer aangehou in 'n noordelike rigting om 'n deel van die rit na Humahuaca agter die rug te kry. Om teen 4 uur die middag deur die hartjie van Salta te ry, duur toe ook sommer byna 'n uur en daarna land ons op 'n smalle teerpaadjie wat vir kilometers deur die berge kronkel, oneindigend en onmoontlik om
enigsinds bietjie spoed op te tel. Met elke voertuig wat verbykom, moet jy byna ( en soms regtih) met die regterwiele van die teer af ry. Wat byna ongelooflik was, is die totale verskil in die natuur -  van kaktussen, sandsteen en droogte in die suide, het alles verander na grasgroen en dig begroeide berge wat herinner aan die amazon jungle!  Na meer as 2 ure se gekronkel was ons eindelik by JuJuy ( uitgespreek as iets soos HooHooy!), 'n groot dorp noord van Salta waar ons ook op 'n breë snelweg geland het terwyl dit intussen al aan die skemer word was.  Half 9 het ons in die donker by ons eindbestemming vir die dag, Purmamarca, gekom -  'n klein dorpie met grondstraatjies waar ons bietjie moes soek, maar eindelik die dorpsplein en kerkie gevind het om die Hostal te kon kry wat volgens die Lonely Planet net agter die Kerk is.  Tot op die moment van skrywe het ons nog niks meer van die dorp gesien nie. Nog net geëet by 'n restaurantjie verder op in die straat en nog 'n kerkfoto geneem om toe te voeg tot die groot versameling van kerkfoto's op die trip.

Die dorpies hier noord van Jujuy is glo iets meer ongerep en daar is glo veel lokale kuns en handwerk te sien en is glo ook die ideale plek om lokale kosse uit te probeer.  So het ek netnou eventjies die 'llama loins in malbec sous'  oorweeg, maar was net te moeg om iets 'moeilik' te eet en het maar sommer forel bestel by gebrek aan 'n klein steakie of iets anders wat rooi en gebraai sou wees, op die menu.

Sondag
En na 'n karige ondbytjie gister, kon ons die prentjie-mooi Purmamarca bewonder. Die dorp lê in 'n kloof aan die voet van die Cerro de siete colores (valei van die 7 kleure) en die naam pas behoorlik!  As jy in die straatjie voor die kerk op kyk, sien jy 'n heuwel met kleur op kleur op kleur! En daar
agter en daar langsaan nog ander berge of heuwels met ander kleure! 'Prentjiemooi' begin maar net om dit te beskryf!

Met kliekende kameras het ons deur die dorpie gedwaal en gesoek na die beginpunt van die 3km paadjie die om die heuwel loop. Gelukkig was dit nog redelik stil en het ons min ander stappers teëgekom.  Vir die hele 3 km is daar in alle rigtings om jou, net die pragtigste tonele en kleure. Dit was eers heel aan die einde toe ons ons 'worst nightmare'  gewaar - 'n groot groep kekkelende en krioelende skoolkinders!  Die rus was dus eventjies daarmee heen.

Intussen het die markies in die dorpie ook weer lewe gekry en het ons nog al shoppend en kykend en voelend verder gedwaal.  Met 'n heldere bont handgebreide poncho in helder kleure is ek daar weg -  moet nog sien hoe ek die groot wolbondel by die huis gaan kry tensy ek hom aantrek in die versengende hitte! Na 'n koppie koffie en van die tipies Argentynse piepklein croissantjes, is ons toe weer verder.

Tussen nog mooie en kleurvolle berge en heuwels deur het ons gery tot in Humahuaca - 'n ongerepte klein dorpie met grondstraatjies en hier en daar nog klei huisies. Na 'n lunch van llama in 'n heerlike lemmetjie en room sous (vir my) en ensaladas en tomales ( Maarten) het ons die terugtog aangepak met nog 'n stop in Tilcara, net noord van Purmamanca.





Die keer het ons in Jujuy die snelweg bly volg -  baie minder interessant as die mooie bergpaadie, maar veel minder tydrowend en was ons betyds terug in Salta om die gehuurde kar in te lewer.

Vandag het ons nog bietjie tyd om in Salta rond te loop voor vanaand se vlug na die Iguazú
watervalle in die noordooste.

Saturday, October 26, 2013

Argentinië 2013: Kerke kyk in Córdoba

Argentinië 2013: Kerke kyk in Córdoba




Dia del Madré! Of dan op 'n Moedersdag Sondag arriveer ons in Córdoba. Tweede grootste stad met 7 universiteite en 'n magdom kerke, iets soos 360 katolieke kerke in totaal.  En dis is dit eintlik.  Veel meer kon ons nie vind nie.  Maar tog ook 'n lekker stad, as dit dan eers weer maandag is en alle lewe teruggekeer het.

Ons het skuins na 8 uur die oggend arriveer by Hotel Savannah en kon sommer dadelik incheck -  vermoed dat almal hier gewoond is aan die vroeë tye wat die busse arriveer en niemand kyk jou vreemd aan as jy al om 8 uur die oggend wil incheck nie.  Hotel was ook goed geleë - loopafstand van die bus terminus aan die een kant en loopafstand van die stad sentrum aan die ander kant.  Na die inhaal van bietjie slaap het ons probeer om buskaartjies vir die volgende skof te koop en wasgoed te was, maar gou agtergekom dat daar nie so veel gebeur op 'n sondag nie.  Darem 'n heerlike moedersdag lunch gehad by Naranja, 'n restaurantjie wat ons toevallig teëgekom het en so lekker geëet het dat ons die volgende dag sommer weer soontoe is.  Die res van die sondag het ons in die sentrum romdgedwaal en foto's geneem van al wat kerk, katedraal of ou gebou was.  Tussendeur in die park gaan lafenis soek teen die hitte.

Aan die einde van die dag het ons 'n kunsmark besoek met interessante lokale handwerk en antieke rommel en 'n hippie-agtige gevoel. Waar ek dan ook my cute klein pers leer handsakkie gekoop het.  Daarna nog rondgedwaal in straatjies met die cute-ste klein winkeltjies.

Maandag was die buskaartjies en wasgoed weer op die lysie.  Wat was ons verbasing toe ons ons neuse by die hotel uitsteek en in 'n totaal ander stad te lande kom! Bruisend en aan die gang, totaal teenoorgesteld van die vorige dag se ghost town!  By 'n effense dubieuse 'lavenderia' het ons feitlike die totale inhoud van ons rugsakke agtergelaat en met ons extreem karige spaans genoeg te wete gekom oor hoeveel ons moet betaal dat ons 9 uur die aand weer die was kon ophaal.  Die buskaartjies kon ons ook bekom by 'n reisagentvroutjie wat ewe moederlik nog 'n hele boel info gegee het oor moontlike plekke om te besoek en 'n papiertjie met daarom 'n aantal vrae in spaans oor busse en platforms ens.  Na 'n baie nice Kunsmuseun en park het ons begin voel ons het Córdoba nou bietjie gesien en vir Dinsdag 'n ekskursie na Valle de Punilla geboek om die omgewing noord van Córdoba te besigtig.

Dinsdag is ons 2 en nog 'n Brasiliaan toe deur Gavier opgehaal vir die trip wat ons nie so seker was die geld werd was nie.   Geen besondere scenery, maar wel 'n moerske steak ( vir my dan) en 'n hele bord vol van 'n hoenderschnitzel (Maarten)  vir lunch in 'n klein dorpie, Capilla del Monte,  bekend vir UFO spotting!  So sien jy dan in die winkelvensters 'n verskeidenheid van kitsch wat wissel van opgestopte ET's en klein groen mennetjies tot klippe met kragte en magte. Ons loop nog steeds met die vraag oor waar aan 'n hoender mens so 'n groot stuk vleis kan kry.

My persoonlike hoogtepunt was 'n stop by 'n archeologiese museum met 'n ongelooflike verskeidenheid van edelstene en half-edelgesteentes in alle vorme -  van die rou stene soos dit uit die grond kom tot geslyp in verskillende vorme en verwerk in (soms) wonderlike stukke juweliersware. 'n Plek waar ek myself 'n hele dag sal kan vermaak en waar ek regtig spyt is ek geen fotos kon neem nie.

Na die trippie het ons net genoeg tyd gehad vir 'n koue biertjie en 'n stort voor ons weer die rugsakke moes hys vir die staptog na die busterminus en ons busrit die aand om 21:00 verder noord na Salta.


Thursday, October 17, 2013

Warm sonskyn weer in Mendoza

Na 18 ure op die luukse Andesmar bus het ons gisteroggend aangekom in Mendoza!  'n Busrit deur die Andes met mooie landskappe van mere en rotsformasies net buite Bariloche.  En  'n busrit waar ons selfs deelgeneem het aan Bus Bingo!! Ja hoor!  Bingo, maar dan op 'n bus!  Ek was heel positief, maar ene Anna het toe tog net voor my haar kaartjie vol gehad!  Met DVD''s, snack packs, aandete en  gemaklike terugklap sitplekke, was die trip tog weer gou verby sonder dat jy die gevoel het dat jy 18 ure op 'n bus gesit het! Ons trippie vir Saterdag van hier na Mendoza, is ook reeds geboek by Andesmar.

Cordoba is weer egte stad na die dorpsgevoel van Bariloche. Na reën en bliksem tydens die rit, is die hier lekker warm sonskynweer, amper 30 grade.  Die private appartment van die Alamo youth hostal was klein bietjie van 'n teleurstelling - is 5 straatblokke weg van die hostal waar die inclusive breakfast bedien word!  Maar lekker sentraal en reg langs die groot park in die middel van die stad.  Die WiFi is net 'n drama. -  vandaar dat ek nou hier knus tussen die mikrogolf  en die wasbak op die kombuiskas sit en tik!  Al plek waar my ipad die sein kan kry!

Ons aktiwiteite vir die 3 dae hier is ook gereël.  Vanmiddag vanaf 4 uur 'n sunset perdry ekskursie, môre 'n trip die berge in en ( die dag daarna, wat ek niu nie weet watter dag dit is nie)  'n fietstog tussen die wingerde met hier en daar 'n toertjie van 'n kelder of olyfplaas. 'n Lekkerte voor ons die aan 10 uur die bus moet klim.

Aghangende van die tyd en die WiFi sein, vertel ek later nog meer en sal dalk weer fotos laai op Fb.

Die perdry was heerlik en lekker stowwerig, ten spyte daarvan dat die perde meeste van die tyd nie by veel meer as 'n stywe stappie gekom het nie. My perd, Maria (volgens my het Alejandro alle swart perde Maria genoem)  het nie veel van 'n saak gehad met wat ek wou hê sy moes doen nie en het gestop om oral langs die pad nog 'n happie te vat en was ook nie lus vir meer as so 3 galloppies op 'n keer nie.  Die BBQ was lekker en gesellig saam met 'n paar Amerikaners en nog 'n kaaskop met 'n Luxemburgse girlfriend. En dan was daar die gids, Alegggggandro! 'n Stukkie lekker vleis wat dan af en toe die agterste ryers gaan besoek het en soos 'n regte Zorro weer na vore gejaag het met die teuels in die regterhand en die linkerhand in die lug!  Groot genot!

Die bergetrip was bietjie van 'n tipiese groep ekskursie met 'n bussie en versameling van Spanjaarde, Brasiliane en dan ons 2 vir wie die gids voorin laat sit het en elke dan en wan sy storie in engels vir ons 2 herhaal het.  Lunch was by 'n local tipe restaurant naby die Chilleense grens met lekker local kosse.  Die scenery onder weg was pragtig  -  berge met verskillende kleure en sneeu op die toppe en ons kon ook die hoogste berg in die Amerikas gade slaan, of dan die ys en sneeubedekte piek van Cerro Aconcagua.

Dan was daar nog die fietsry trip tussen die wingerplase van Maipu. Nog 'n uitputtende heerlikheid in die versengende hitte!  Eers besoek gebring aan 'n olyfplaas met les oor maak van olyfolie en 'n lekker proewery.  Daarna besoeke en wyntoere by La Rural en Di Tommase.  La Rural het  'n ongelooflike museum met onder andere beesvelle en sakke van beesvel waarin wyn vroeëer verouderd was.  Met 'n bottel Malbec onder die blad is ons toe daar weg vir 'n vinnige stort by Hostal Alamo voor ons die bus na Cordoba moes haal.

Die foto bewyse is op Faceboek as gevolg van die problematiese blogger\ipad kombinasie.

Sunday, October 13, 2013

Prentjiemooi Bariloche

Na 'n 18 uur lange bietjie hobbelrige treinrit, het onw gister aangekom in die pragtige Bariloche. Bietjie van 'n Swiserse gevoel tussen die sneeubedekte bergtoppe en langs 'n groot meer.

Moet nou eers die bed uit vir vandag se bergfietstog...

Die fietstog was uitputtend, maar elke km die moeite werd.  Die uisig was wonderlik en dit het gevoel of die mooi net nie wil ophou nie.  Die foto's is op Facebook, sukkel te veel met blogger.

Vandag (maandag) is 'n publieke vakansiedag hier, maar ons kon gelukkig 'n oop reis buro vind waar ons buskaartjies kon koop vir môre se 18 uur busrit na Mendoza.

Vanmiddag het ons met 'n local bus na Largo  Gutiérrez gegaan - die bedoeling was om te gaan kayak op die meer, maar alles was bietjie toe!  Ons het toe maar 'n wandeltoggie gemaak gemaak na die waterval, Cascada de los duendes, en daarna nog 'n stywe klim na Mirrador Largo de Gutiérrez met 'n lieflike uisig oor die meer en ski-hellings waarvan daar by sommige nog sneeu lê en die ski-lifts nog aan die gang is.


Vannaand se besoek aan Alto de Fuego was alles wat TripAdvisor en ander aanbevelinge gesê het dit is! Die ribeye was uit die boeke en so ook Maarten se forel, die wyn en alles anders! Tot die labels op die wynbottels was mooi!  Die Argentyne weet inderdaad wat om met 'n stukkie vleis te doen!



Môre vroeg uit die vere, want checkout is om 10. Dan nog 'n ekskursietjie of iets inpas voor die half
4 bus na Mendoza vertrek.














Saturday, October 12, 2013

Sonskyn in Viedma

Vanoggend veilig arriveer in Viedma, hoofstad(? dorpie) van provinsie Rio Negro in Pategonië.
Eintlik maar 'n dorpie van niks, maar wel van waar die trein vanaand vertrek na Barilochi. Kon ons goed vermaak vandag - die lengte van die joggingpaadjie langs die Rio Negro bewandel in lieflike sonskyn weer. Vanmiddag nog die rivier oorgesteek en ook Carmen de Patagones aan die ander kant bewandel en die museum besoek waar ons 'n uitgebreide beskrywing van alles in spaans moes aanhoor en maar af en toe met 'n 'sí' reageer het.


Nou nog 'n biertjie en dan stasie toe om ons trein om18:00 te haal.



Hoop net die slapery gaan beter as ons eerste 2 nagte waarvan die eerste in die Hostal  waar die buur (as in deel 'n muur!) Night Club om 3:00 eers gestop het en die res van die Hostal se gaste nog oor en weer geskree-kuier het tot 5 uur! En dan laas nag op die super gemaklike bus waar die los-vet vrou met die blink blou naels uit haar diepste wese lê en snork het met sulke na-trillings wat my tot in my tone bygeko het! Afgewissel deur haar mobiel op die stand van 'lui al harder tot jy opgetel word' wat
sy iewers tussen haar borste ingestop het en met moeite tot haar deurgedring het!